Perfekte kaasburger en uieringe
Foto’s: Donna Lewis Galery
Ná jy elke komponent perfek het, sit jy jou burger só aan mekaar. Die geheim is om twee souse op te sit, een onder die vleis en een bo-op.
(6 – 8 PORSIES)
- 100 g slaaiblare van jou keuse
- 1 skep geroosterde tamatiesmoor
- 3 wiele brie-kaas
- 6 gaar patties
- 6 broodrolletjies
- 1 ander sous
- 1 resep se uieringe
Verdeel die slaaiblare tussen die broodjies, gevolg deur tamatiesmoor. Sny die brie-kaas in die lengte middeldeur en plaas met gesnyde kant na bo op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei bespuit is. Bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is. Sit gaar patties op brood gevolg deur die tweede sous van jou keuse. Sit gebakte kaas bo-op gevolg deur die ander helfte van die burger. Sit voor met brosgebraaide uieringe.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Gevulde-sampioen- burger
SARIE KOS - Somer 2008
Jy kan dié gevulde sampioene ook sonder die rolletjies as ’n voorgereg voorsit
-
Hoender-burgers
SARIE KOS Winter 2009
-
Kaasburger
SARIE - April 2011
-
Kaasburger en tjips
SARIE September 2010
Jy kry kaasburgers en jy kry kaasburgers. Maar dis soos 'n kaasburger moet smaak! Jy kan enige soort kaas gebruik.
-
Pita-burgers en skyfies
20 minute
















Kommentaar