Peri–peri-hoenderlewers
Foto’s: Adriaan Oosthuizen Galery
Ek dink mense eet glad nie genoeg hoenderlewertjies nie! Dis goedkoop en ontsettend lekker.
(4 porsies)
- 500 g hoenderlewers, in groterige stukke gesny
- 1 ui, fyngekap
- 1 rooi soetrissie, in repies gesny
- 10 ml olyfolie
- 15 ml droë brandrissies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 3 ml suiker
- 50 ml brandewyn
- 1 ml rooipeper (cayenne pepper)
- 100 ml room
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die soetrissie en ui tot sag. Voeg nou die hoenderlewers by en braai vir sowat 2 minute. Voeg die res van die bestanddele by en kook/braai vir nog sowat 4 minute.
Sit voor saam met
Broodrolletjies, wat jy kan rooster. En hoekom nie ’n lekker bier soos Amstel of Windhoek om die brand mee af te spoel nie?
Verwante artikels
-
Appel met hoenderlewerpatee
SARIE KOS Somer 2009/10
Met 'n paar lekkertes uit die deli kan jy in 'n japtrap heerlike hongerstillers voorsit.
-
Hoenderboudjie-konkoksie op die kole
Jy kan met 'n geruste hart die eerste aand van kamp hoender maak, want jy hou dit tot dan mos in jou koelsak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd