Perske-en-appelkoos-blatjang

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Herfs 2009

Perske-en-appelkoos-blatjang Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die lekker ding van dié blatjang is dat jy droëvrugte gebruik – jy kan dus heeljaar blatjang kook

(5 bottels van 350 ml elk)

  • 500 g gedroogde perskes
  • 500 g gedroogde appelkose
  • 1 liter water
  • 500 g pitlose rosyne
  • 3 ml rooipeper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml suiker
  • 2 liter wit asyn
  • 20 ml sout

Week die perskes en appelkose vir so 5 uur in die water. Die meeste van die water sal geabsorbeer word – die vrugte swel baie op. Haal die vrugte uit die water en kap fyn in jou voedselverwerker. Gooi vrugte in ’n groot kastrol en voeg 250 ml water by. Bring tot kookpunt en kook vir so 10 minute tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en kook oor lae hitte vir 2 uur. Roer elke nou en dan om te keer dat dit vasbrand. Gooi die warm blatjang in gesteriliseerde bottels.

Wat jy moet weet
Onthou, enige ingelegde produk moet in die yskas kom sodra dit oopgemaak is.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg