Peter de Wet se sjokolade-pavlova
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 125g (135ml) sagte botter
- 400g (500ml) suiker
- 3 eiers
- 280g (500ml) koekmeel
- 15ml bakpoeier
- 5ml vanieljegeursel
- 200g donkersjokolade
- 190ml melk
- 30ml brandewyn
- 4 eierwitte
- 105g (125ml) strooisuiker
- vanielje-roomys
Verhit oond tot 180ºC. Klits die botter in 'n mengbak, verkieslik met 'n elektriese klitser, en voeg suiker bietjie vir bietjie by. Die botter moet lig en romerig lyk. Voeg eiers een-een by en klits elke keer goed. Moenie skrik as die mengsel lyk asof dit geskif het nie. Voeg meel, bakpoeier en vanieljegeursel by en meng goed. Smelt sjokolade in mikrogolfoond of in 'n bak oor 'n kastrol met warm water. Voeg gesmelte sjokolade, melk en brandewyn by. Meng goed. Skep mengsel in langwerpige koekpan van sowat 30 x 20 cm. Die koek moenie baie hoog wees nie. Bak vir 45 minute. Draai temperatuur af na 140°C en bak vir nog 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny 6 sirkels uit koek. Klits eierwitte tot styf en voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits goed ná elke byvoeging tot 'n gladde, blink meringue. Sit koeksirkels op 'n bakplaat en skep 'n groot lepel roomys bo-op elkeen. Smeer meringue oor om roomys goed te bedek. Sit terug in oond tot
meringue-punte net-net bruin raak. Sit onmiddellik voor.
Om te drink:
De Wetshof Muscadel, een van min wynsoorte wat soetgoed aanvul.
- In samewerking met Cassie du Plesis
Verwante artikels
-
Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie
SARIE - Desember 2009
Sit sommer die bakke op die tafel en laat jou gaste elkeen hul eie pavlova maak. Die res is so maklik, jy kan ontspan en rustig saam kuier
-
Pavlova met rooiwyn-pere
SARIE - Desember 2007
Jy kan die pere net so voorsit met mascarpone-kaas of geklitste room
-
Roosgeur pavlova-slaai
SARIE KOS - Lente 2008
-
Rosé-geposjeerde pere-pavlova
SARIE KOS - Lente 2008
Gebruik sjef Lienkie Erasmus se maklike pavlova-resep, maar maak slegs twee meringue-sirkels.
















Kommentaar