Pilchard-koekies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Pilchard-koekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

4 porsies

  • 2 blikke (425 g elk) middlecut-sardyne
  • 125 ml sous uit die blikkies
  • 250 ml gerasperde witbrood
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sonneblomolie, om viskoekies in te braai

Dreineer vis maar behou die sous en meet 125 ml daarvan af. Verwyder grate en vel. Maak vis fyn met ’n vurk en meng al die bestanddele saam. Vorm die viskoekies. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n pan en braai hulle vir sowat 5 minute aan elke kant.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels