Pita-burgers en skyfies

Deur Herman Lensing

Pita-burgers en skyfies Foto’s: Donna Lewis Galery

20 minute

(2 burgers)

  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30ml olyfolie
  • 250g bevrore aartappelskyfies (die oondbak-soort)
  • 15ml gekapte tiemie
  • 2 beesvleis-patties
  • 2 pitabroodjies
  • 125ml gehalte-mayonnaise
  • 1 hand vol roketblare
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 50g kaas van jou keuse, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200ºC. Braai ui en knoffel in olyfolie in pan tot goudbruin. Gooi skyfies en tiemie in 'n oondpan en rooster vir 15 minute of tot goudbruin en gaar. Terwyl die skyfies bak, braai die patties in die pan vir 5 minute aan elke kant, of tot goudbruin en gaar. Rooster die pitas in 'n broodrooster en sny oop terwyl hulle warm is. Smeer met mayonnaise en sit roketblare op. Verdeel tamatie, kaas en gaar uie tussen pitas. Sit die gaar patties bo-op en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met warm skyfies en ekstra mayonnaise.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Hamburgers

    Hamburgers

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

  • Perfekte kaasburger en uieringe

    Perfekte kaasburger en uieringe

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Ná jy elke komponent perfek het, sit jy jou burger só aan mekaar. Die geheim is om twee souse op te sit, een onder die vleis en een bo-op.

Kommentaar

Web Development by FormFunction