Pizza met min-moeite-tamatiesous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié pizza het ook ’n dik kors, maar die tamatiesous bo-op is verspot maklik om te maak
(4 - 6 porsies)
Jy benodig
- 400 g klein rosa-tamaties
- 2 klein uie (of 1 middelslag-ui)
- 2 knoffelhuisies
- 50 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 hoeveelheid pizza-deeg (sien verwante artikels)
- 100 g pecorino-kaas, fyngerasper
- 100 g swart olywe, ontpit
- 10 ml droë origanum
- 10 olyfolie om bo-oor te sprinkel
Volg die resep vir die deeg. Terwyl die deeg rys, kap die rosa-tamaties, uie en knoffel baie fyn. Jy kan dit in jou voedselverwerker doen. Gooi mengsel in ’n bakkie en voeg olyfolie by. Geur met sout en swartpeper. Maak bakkie met kleefplastiek toe en laat staan vir minstens 2 uur. Hoe langer die mengsel staan, hoe lekkerder is dit. Verhit oond tot 240 ºC. Wanneer die pizza-deeg tot dubbel die grootte gerys het, knie dit af op ’n meelbestrooide oppervlak. Rol deeg in ’n lang ovaalvorm. As jy die pizza op ’n pizza-teël in jou oond gaan bak, stel ek voor dat jy die deeg op ’n stuk bakpapier plaas. Dit maak dit makliker om die pizza op te tel. Smeer die tamatie-mengsel bo-op die deeg. Sprinkel gerasperde pecorino-kaas oor, rangskik olywe bo-op en sprinkel origanum oor. Drup ’n klein bietjie olyfolie oor en plaas in warm oond. Bak vir sowat 20 - 25 minute.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
5 Boekminute met Carol Drinkwater
SARIE - Oktober 2009
Is dit moontlik om ‘n liefdesverhouding met olyfbome te hê? Skrywer en aktrise Carol Drinkwater het dit beslis!
-
Aartappel, uie en spek pizza
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Heerlik as ligte happie voor ete.
-
Basiese pizza-deeg
SARIE - Oktober 2008
’n Elektriese menger sal jou lewe vergemaklik, maar aan die ander kant: Die beste pizza-deeg word met die hand geknie, so probeer dit!
-
Franse uie-pizza
SARIE KOS Somer 2009/10
Veral heerlik as 'n ligte middagete saam met slaai. 4 - 6 porsies
-
Quick mini pizzas
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Tamatie-smeersous
SARIE - Oktober 2010
















Kry jou SARIE oral, enige tyd