Pomelo-pons
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dié sitrusvrug het ’n reputasie dat dit bitter kan smaak. Ek verkies om die blood orange-variëteit te
gebruik. Dis soeter. As jy dit nie vars kan kry nie, kan jy ook sap in ’n boks koop.
12 – 14 glase
- 1 stingel sitroengras (lemongrass)
- sap van 10 rooi pomelo’s
- 125 ml suiker
- sap en skil van 2 suurlemoene
- 1 kg gebreekte ys
- 1 pomelo, in ringe gesny
- 2 liter limonade
Gebruik agterkant van ’n mes en kap op die sitroengras op ’n houtbord tot dit oopbars. Plaas saam met pomelosap, suiker, sap en skil van suurlemoene in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor matige hitte. Kook vir 5 minute. Verwyder van hitte en laat afkoel. Plaas in yskas tot yskoud. Gooi stroop deur sif in ’n groot ponsbak (ons het ’n groot glas-koekiehouer gebruik). Voeg gebreekte ys en pomelo-ringe by. Gooi
limonade oor en meng. Sit voor.
- Assistent Cara Rademeyer
Verwante artikels
-
8 uur-varklies
SARIE September 2012
Sit die vark reeds die aand voor jou kuier in die oond.
-
Botterskorsie-gnocchi
SARIE September 2012
Gnocchi is tradisioneel van aartappel, maar kan ewe suksesvol met botterskorsie gemaak word. Rooster dit in die oond in plaas van kook.
-
Garnaalslaai met bros eier
SARIE September 2012
Ek het die eerste keer diepgebraaide geposjeerde eiers by die Asara-restaurant buite Stellenbosch
geëet. Die bros kors wat oopbars met die goudgeel eier, is hemels. -
Jogurt-forel op kekerertjie-slaai
SARIE September 2012
Dié manier om vis gaar te maak het ek by die Britse sjef Reza Mahammad gekry. Hier is my weergawe van sy tegniek.













Kommentaar