‘Pulled pork’ op broodrolletjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy los die vleis oornag in die oond en die volgende oggend is dit net reg. Die porsies lyk dalk baie, maar wanneer die vleis losgevlok is, kom jy ver.
(8 – 10 PORSIES)
- 1,2 kg varkboud
- sap van 4 suurlemoene (vul aan met lemoensap tot 500 ml)
- 200 ml lemoensap
- 2 ml karwysaad
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 140 °C. Sit die varkboud in ’n groot kastrol. Gooi die sappe en karwysaad oor. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en plaas in oond vir minstens 8 uur. Hoe sagter die vleis, hoe makliker sal jy dit van die been kan aftrek. Draai vleis elke nou en dan om. As dit vir jou droog begin lyk, kan jy net ’n klein bietjie water byvoeg. Wanneer die vleis baie sag is, verwyder die vel en van die
vet. Gebruik twee vurke en vlok die vleis uitmekaar. Daar is nou verskillende maniere hoe jy jou broodjies kan voorsit.
Opsie 1: Skep van die warm vleis op een helfte van ’n rolletjie en sit ’n sny emmentaler-kaas en skyfies
agurkie bo-op. Sit voor saam met Dijon-mosterd.
Opsie 2: Meng ’n bietjie Dijon-mosterd met romerige mayonnaise. Smeer op een helfte van ’n broodrolletjie. Skep warm vleis op. Sit ’n sny emmentaler-kaas, agurkieskyfies en ’n sny ham bo-op. Jy kan die rolletjies net so eet of in ’n toeklap-broodrooster rooster tot die kaas smelt. Dit word dan ’n Kubaanse broodjie genoem. Heerlik!
- Assistent Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Feijoada - varkvleis met bone
SARIE KOS Herfs 2010
-
Geroosterde varklies met salie, appelwyn en appels
SARIE Augustus 2011
Sondagmiddagetes sal nooit weer dieselfde wees as jy eers dié vleisgereg probeer het nie. Die krakerige vel saam met die suikersoet appels is heerlik.
-
Hoender-mayo-broodjie
SARIE Oktober 2011
Perfek vir die werk- of skool-kosblik.
-
Ontbeende varknek gekook in melk
SARIE - Maart 2006
Jy sal nie spyt wees as jy dié gereg maak nie. Ons het die foto geneem toe die gereg nog half-gaar was, want ons wou julle nie asfskrik met die melk wat skif nie - dit moet gebeur
-
Port-varknek met droëvrugte
SARIE Augustus 2011
Die soet van die port en varknek werk perfek as kombinasie. Gebruik die oorskiet op toebroodjies of as vulsel vir voukos.
-
Soetsuur varkvleis
-
Tacos met 8-uur-varkvleis
SARIE September 2011
-
Vark-rillette
SARIE KOS - Lente 2008
Franse rillettes is nie heeltemal fyn soos gewone patees nie, maar bevat gevlokte vleis.
-
Varkfilet met appel
SARIE KOS Feb/Mrt 2012
’n Klassieke kombinasie: vark en appel.
Met die bloubessies by raak dit meer hedendaags. As jy nie van bloubessies hou of dit in dit hande kan kry nie, kan jy dit net uitlos.
















Kommentaar