Reënboog-broodjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
My ma se reënboog-broodjies was gewilder as lekkers by ons kinderpartytjies.
(sowat 36 driehoek-broodjies)
Twee gesnyde witbrode
Tuna-laag
- 3 blikke tuna
- 75 ml tamatiesous
- 60 ml mayonnaise
- 200 g (218 ml) botter, saggemaak
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Dreineer die tuna. Gooi die tuna, tamatiesous, mayonnaise en sagte botter in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Skep uit en geur met sout en swartpeper. Maak nou die eier-vulsel.
Eier-laag
- 6 hardgekookte eiers
- 240 g (600 ml) cheddarkaas, fyngerasper
- 60 ml mayonnaise
- 200 g (218 ml) botter, saggemaak
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 100 g fyngekapte pistasieneute (opsioneel)
Plaas die hardgekookte eiers, cheddarkaas, mayonnaise en botter in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Geur met sout en swartpeper.
Broodjies
Om die broodjies aanmekaar te sit gebruik drie snye brood op ’n slag. Smeer van die tuna lekker dik op die eerste sny. Maak toe met die tweede sny. Smeer van die eier op die tweede sny en sit die derde sny bo-op. Herhaal tot al die snye brood gebruik is. Maak die broodjies toe met tinfoelie en plaas in die yskas. Net voor jy hulle bedien, sny jy die korsies af. Sny elke broodjie in vier. Druk een kant van elke broodjie in die fyngekapte pistasieneute.
Wenk
Hoe kry ek my botter sag? Plaas afgemete botter in ’n mikrogolf-veilige bakkie in jou mikrogolfoond. Stel dit op ontdooi en tel tot twaalf voor jy die botter uithaal.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Decor Anita Roussouw en Lounette Fourie
Verwante artikels
-
Braaibroodjies in 'n pan
20 minute
-
Geroosterde hoender-en-aartappel-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd