Regmaker-broodjie
Foto’s: Donna Lewis Galery
(maak 1)
- 1 groot eier
- 2 minuut-steaks
- 4 repies spek
- 2 agurkies, in skywe gesny
- 1 tamatie, in skywe gesny
- 1 hand vol blaarslaai
- 1 sny volgraanbrood
- 45ml olyfolie
- 30ml sagte botter
- 15ml sonneblomolie
- 30ml mayonnaise
- 15ml mosterd
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit 'n riffelpan tot baie warm - die rook moet daaruit trek. Gooi 15ml olyfolie bo-oor steak en braai vir 1 minuut aan elke kant vir medium, of langer na smaak. Sit steak eenkant. Verhit 'n braaipan en voeg res van olyfolie by. Braai spek tot bros en krakerig - so 5 minute. Was die pan en verhit weer. Rooster intussen die brood in 'n broodrooster. Smeer met sagte botter terwyl warm. Gooi sonneblomolie in warm pan en breek eier oop in pan. Sit 'n deksel op die pan en bak eier vir sowat 5 minute vir sag, of langer na smaak. Smeer mayonnaise op roosterbrood, gevolg deur slaaiblare. Pak dan 'n laag tamatie en agurkies. Volgende sit jy gaar spek op en dan 'n stuk steak. Smeer mosterd op en sit warm eier bo-op alles. Geur goed met sout en swartpeper. Geniet saam met 'n koppie koffie.
Wenk: Jy kan ook die broodjie vegetaries maak - vervang die steak met pangebraaide bruinsampioene, en die spek met avokado.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Avokado-met-swartpeper op volgraanbrood
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Avokado’s is byna soos ’n proteïenskommel verpak in ’n skil. Dis hoog in vet, ja, maar die gesonde soort.
-
Baguette met gebraaide filet en uie
SARIE - Maart 2011
Daar is mos min dinge so lekker soos 'n stukkie filet op brood met blatjang.
-
Biefstuk-broodjies
SARIE KOS - Somer 2008
Heerlik om aan te peusel!
-
Braaibroodjie
SARIE KOS - Winter 2008
’n Braai is nie ’n braai sonder ’n braaibroodjie nie. Maar menings wissel oor watter vulsel die lekkerste is!
-
Croque-madame
SARIE September 2010
Tradisioneel staan dié broodjie as croque-monsieur bekend, maar wanneer jy 'n geposjeerde eier bo-op sit, word dit 'n madame.
-
Frikkadel-broodjie
SARIE KOS Herfs 2009
Maak ’n klompie frikkadelle en hou dit in die yskas. Dit sorg vir ’n lekker middagete-broodjie by die werk – ook vir die kinders se skool-kosblik.
-
Oop pizza-broodjies
SARIE KOS Somer 2010/11
Kinders eet graag dié broodjies vir middagete.
-
Pizza-broodjies
SARIE KOS - Somer 2008
-
Spinasie, roomkaas en sagte eiers op roosterbrood
SARIE KOS Lente 2010
20 minute
-
Vinnige broodjies
SARIE - Januarie 2008
Dis baie lekker om by ’n supermark te kan inloop en brooddeeg sommer van die rak af te koop
















Kommentaar