Regruk-broodjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
As julle gisteraand laat gekuier het, sal hierdie broodjies die ding doen.
- 30ml smeerbare botter
- 8 eiers
- 4 panini-broodjies
- 100g salami
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 100g gerasperde cheddarkaas
'n Gasstofie is ideaal vir dié ontbyt. Smelt botter in 'n pan. Breek die eiers in die pan en bak totdat die wit gestol maar die eiergeel nog effens loperig is. Sny die panini-broodjies in die helfte
en smeer botter weerskante. Sit so 3 skywe salami op die onderste helfte van elke broodjie. Sit 2 gaar eiers boop elkeen, geur met sout en peper en sprinkel die eiers toe met die kaas. Maak die broodjies toe en smeer botter weerskante. Sit die broodjie in 'n warm pan. Braai aan die een kant tot bros en draai om. Braai weer tot bros. Haal uit die pan en geniet dadelik saam met lekker sterk koffie.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Baguette met gebraaide filet en uie
SARIE - Maart 2011
Daar is mos min dinge so lekker soos 'n stukkie filet op brood met blatjang.
-
Eiervrug en artisjokke broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Frikkadel-broodjie
SARIE KOS Herfs 2009
Maak ’n klompie frikkadelle en hou dit in die yskas. Dit sorg vir ’n lekker middagete-broodjie by die werk – ook vir die kinders se skool-kosblik.
-
Oop broodjie met fetakaas, tamatie en artisjok
SARIE KOS Lente 2009
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
-
Spinasie, roomkaas en sagte eiers op roosterbrood
SARIE KOS Lente 2010
20 minute
-
Worsbroodjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Jy kan die Franse brood met een oopgesnyde gebakte aartappel per persoon vervang. Neem 30 minute
















Kommentaar