Rolpoeding
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Op Engels is dit die bekende roly-poly, opgerol met appelkooskonfyt en in ’n stroop gebak
6 porsies
- 300 g (535 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 3 ml sout
- 45 g (50 ml) botter
- 1 eier, geklits
- 150 ml melk
- sowat 30 ml appelkooskonfyt
Sous
- 200 g (250 ml) suiker
- 25 ml botter
- 500 ml water
- 50 ml suurlemoensap
- 25 ml gouestroop
- knippie sout
- Verhit oond tot 180 ºC. Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in. Klits eier en melk saam. Voeg by droë bestanddele en maak aan tot ’n stywe deeg. Rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak in ’n langwerpige vorm. Smeer konfyt bo-op.
- Rol op soos ’n rolkoek. Sny in skywe van sowat 2,5 cm dik en pak hulle plat in ’n gesmeerde oondbak van sowat 30 x 15 cm.
- Meng bestanddele vir sous en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor die deegsnye. Bak vir 1 uur. Sit voor met vla.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Macarons
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Macarons
SARIE KOS Somer 2009/10
Macarons are classic French cookies made with egg whites and ground almonds. They're not easy to make, but if you are accurate you're well on your way! Macaroons are larger American cookies, common in South Africa, made of egg whites and coconut.
-
Rooswater-koeksisters
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
Ek gee my ouma se resep nuwe lewe met rooswater in die stroop. Blomgeure is immers nou gróót.
-
Sjokolade-en-bessiebrood-poeding
SARIE - April 2010
Daar is iets baie nostalgies aan broodpoeding. Hierdie weergawe het 'n persoonlikheid van sy eie.




















Kry jou SARIE oral, enige tyd