Romerige gebakte kaaskoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.
(1 x 23 cm-kaaskoek)
Kors
- 1 pakkie (200 g) digestivekoekies
- 50 g (60 ml) suiker
- 100 g ongesoute botter, gesmelt
Plaas koekies en suiker in voedselverwerker. Kap fyn. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Gooi mengsel in koekpan en gebruik vingerpunte om pan daarmee uit te voer. Die mengsel hoef nie tot heeltemal bo teen die rand te kom nie. Maak toe met kleefplastiek en plaas vir sowat 1 uur in yskas.
Vulsel
- 1 kg geroomde maaskaas, kamertemperatuur
- 210 g (250 ml) strooisuiker
- 45 ml koekmeel
- 5 groot eiers, kamertemperatuur
- 125 ml room
- 15 ml gerasperde suurlemoenskil
- 5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Plaas maaskaas, strooisuiker en meel in elektriese menger. Klop goed vir sowat 2 minute. Skraap kante van menger skoon. Breek eiers een vir een by en klop elke
keer goed. Voeg room by en klop goed vir sowat 5 minute. Voeg suurlemoenskil en geursel by en meng goed. Plaas uitgevoerde koekpan op 'n bakplaat en gooi vulsel in. Bak vir 15 minute.
Draai temperatuur af na 120 °C. Bak vir nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas en laat verder stol, verkieslik oornag.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas
SARIE - Desember 2008
Jou familie sal spesiaal voel as jy vir elkeen sy eie klein kaaskoekie bak
-
Kaaskoek-kolwyntjies
SARIE - September 2008
Dis ’n heerlike kombinasie van sjokolade- en kaaskoek
-
Kardemom-kaaskoek met wit sjokolade
SARIE - September 2005
Dis beslis ’n kaaskoek met ’n verskil. Moenie afgeskrik word deur die kardemom nie - dit geur die room net effens. Om die waarheid te sê: Jou gaste sal dink dis baie fancy om kaaskoek met kardemom in te eet.
-
Lemoen-yskas-kaaskoek
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 3
Ek het dié kaaskoek leer maak toe ek nog in restaurante gewerk het. Jy kan dit aanpas nes jy wil - ek hou van sitrus.
-
O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?
SARIE Julie 2010
Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.
-
Vinnige kondensmelkkaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
Kaaskoek kan lank neem om te maak, maar dié een is vinnig, maklik en lekker.
-
Warm sjokolade-kaaskoek
SARIE - Junie 2006
'n Heerlike kaaskoek bly maar 'n verleiding. Ons is geneig om kaaskoek koud te eet, maar dié kaaskoek is op sy lekkerste warm.
















Kommentaar
Barbara Joubert het gesê:
Hi Theresa Jammer om te hoor van jou 'flop'. Die poeding is wat mens in Engels sal sê ‘n self saucing pudding. Die tekstuur van die poeding is nie droog maar wel as jy dit skep moet die sous loop. Die hoeveelhede is korrek – ek maak die poeding baie. Dit is ‘n baie donker poeding ook. Miskien was jou oond te hoog. Groete
29ste Jul. 2010, 10:10Theresa Jobing het gesê:
Ek het Sondag die Koffie Sjokolade-poeding gemaak. Dit was 'n groot, pikswart bitter gemors. Dit was 'n groot verleentheid vir my. Ek het Cordon Bleu opleiding by Silwood gekry, so ek moes seker van beter geweet het as om die resep blindelings te volg. Daar kan onmoontlik nie 120g kakao in die sous wees nie. Die 500ml vloeistof is ook heeltemal te veel. Wat is die regte hoeveelhede?
27ste Jul. 2010, 09:45