Rooi-en-geel tamatietert

Deur Annalize Buchanan, SARIE KOS - Herfs 2008

Rooi-en-geel tamatietert Foto’s: Micky Hoyle Galery

Sny die deeg in sirkels (so groot soos jy verkies) vir individuele porsies. Volg dan die resep. Sit voor by kamertemperatuur.

(sowat 8 porsies)

  • 500 g blaardeeg
  • 1 eiergeel, geklits
  • 6 groot rosa-tamaties
  • 250 ml broodkrummels
  • 25 ml olyfolie
  • sowat 6 vars basiliekruidblare, gekap
  • 10 geel kersie-tamaties
  • 10 klein geel rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C en smeer of spuit ’n bakplaat. Rol die blaardeeg nog effens dunner uit in ’n langwerpige vorm. Verf dit met die geklitste eier. Dompel die groot rosa-tamaties vir 3 minute in kookwater. Trek dan die velle af, halveer en haal die pitte uit. Meng die broodkrummels, olyfolie en basiliekruid. Sprinkel die broodkrummel-mengsel bo-op die deeg, en pak al die tamaties bo-op. Geur met sout en peper. Bak vir  20 - 25 minute in die oond tot die deeg lekker bros en bruin is.

 

Sit voor met

  • gebraaide basiliekruidblare: verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai 8 - 10 vars basiliekruidblare daarin vir       3 - 4 sekondes.
  • basiliekruid-pesto
  • klein mozzarellakaas-balletjies

 

Om te drink

Stellar, naby Trawal, se 2007 Chenin Blanc is ’n lekker pasmaat.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • Produksie Barbara Joubert

Verwante artikels

  • Uit my kruietuin

    Uit my kruietuin

    SARIE KOS - Herfs 2008

    Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse

Galery

  • Rooi-en-geel tamatietert: Kuier
  • Rooi-en-geel tamatietert: Formeel