Rooibos-ystee

Deur Herman Lensing, SARIE Maart 2010

Rooibos-ystee Foto’s: Donna Lewis Galery

Rooibos is eie aan ons land en die kombinasie van speserye en vars vrugte in dié ystee is hemels.Moet nooit die teesakkies byvoeg terwyl die water kook nie - té warm water sal die tee bitter en onsmaaklik maak.

(1,5 liter)

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 1 liter water
  • 20 ml fyn gemmer
  • 2 heel ster-anys-peule
  • 2 suurlemoene se sap en skil
  • 45 ml heuning
  • 5 rooibostee-sakkies
  • ysblokkies
  • hand vol bessies van jou keuse

Plaas al die bestanddele, behalwe die teesakkies, ys en bessies, in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat kook vir 10 minute totdat suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek totdat vloeistof afgekoel is. Gooi deur 'n sif en plaas in yskas tot yskoud. Sit tee voor in groot bekers vol ys en bessies van jou keuse.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar

Verwante artikels

Web Development by FormFunction