Rooibostee-drankie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Geniet dié verfrissende drankie voor ete.
- 5 rooibostee-sakkies
- 1,3 liter kookwater
- 100 g (125 ml) suiker
- 3 groen appels, in kwarte gesny
- hand vol vars kruisementblare
- 3 seldery-stokke, heel
- 2 suurlemoene, in kwarte gesny
- ys
Dompel teesakkies in kookwater. Laat trek vir 5 minute. Voeg suiker by en roer goed. Laat afkoel. Skink tee in 'n groot beker en voeg appelkwarte, kruisement, seldery, suurlemoen en ys by.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
5 van die beste (gesonde) feesdrankies
SARIE - Januarie 2011
Hier's 5 van die lekkerste (gesonde) feesdrankies.
-
Grenadella-limonade
SARIE KOS Somer 2010/11
Yskoue limonade op 'n warm dag is 'n wenner.
-
Mengeldrankies: Dis maklik!
SARIE se wynredakteur was een van die gelukkiges wat genooi is om self mengeldrankies met brandewyne van Alchemy of Gold te skep. Deur Riette Rust
-
Vrugtepons
SARIE - Desember 2010
Die dieprooi bessiekleur laat lyk dit net so lekker soos dit smaak.
-
Warmsjokolade-drankie
SARIE KOS Winter 2009 | Kommentaar: 1
Niks maak jou hande en maag so warm soos hot chocolate nie
















Kommentaar