Roosgeur pavlova-slaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 - 8 porsies)
- 4 eierwitte
- knippie sout
- 225 g strooisuiker
- 5 ml mieliemeel
- 10 ml rooswater
- 5 ml witwyn-asyn
Verhit jou oond tot 140 °C. Klits die eierwitte en sout tot dit stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by en hou aan met klits. Voeg die mieliemeel, rooswater en asyn by en klits goed. Voer ’n bakplaat of twee met bakpapier. Skep lepelsvol meringue op die bakpapier en vorm sirkels van sowat 8 cm groot en 3 cm dik. Bak vir 40 - 60 minute.
Roommengsel
- 300 ml room
- 180 ml versiersuiker
- 60 ml rooswater
- pienk voedselkleursel
- vars vrugte van jou keuse om te bedien
Klop die room styf en voeg die versiersuiker, rooswater en ’n baie klein bietjie kleursel by. Skep die roommengsel bo-op die meringue-sirkels en versier met gekapte vars vrugte.
- Plek Summerfields
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie
SARIE - Desember 2009
Sit sommer die bakke op die tafel en laat jou gaste elkeen hul eie pavlova maak. Die res is so maklik, jy kan ontspan en rustig saam kuier
-
Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee
SARIE KOS Herfs 2010
In die Lente 2008-SARIE KOS het sjef Lienkie Erasmus dié pavlova gemaak. Dis heerlik maklik só met vrugte.
-
Peter de Wet se sjokolade-pavlova
SARIE KOS vir mans 2010
-
Rose vir die siel . . . en op die tong
SARIE KOS - Lente 2008
Voed jou innerlike op 'n roosplaas in Mpumalanga
















Kry jou SARIE oral, enige tyd