Roosterkoek met kerriemaalvleis

Deur Herman Lensing

Roosterkoek met  kerriemaalvleis Foto’s: Donna Lewis Galery

Koop sommer winkeldeeg.

(12 - 14 koeke)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 15 ml fyn koljander
  • 15 ml gemengde speserye
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
  • 100 ml water
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ekstra meel vir uitrol
  • 1 kg winkeldeeg

Verhit olyfolie en botter in 'n pan tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot goudbruin. Voeg speserye by en braai nog 5 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 8 - 10 minute of tot byna gaar. Voeg aartappelblokkies en water by. Verlaag hitte en laat sowat 15 minute stadig prut tot aartappel gaar is. Roer appelkooskonfyt by en geur goed met sout en peper na smaak. Strooi meel op 'n werkvlak en druk deeg met jou vingerpunte tot sowat 2 cm dik. Sny vierkante van 5 x 5 cm groot uit. Braai oor warm kole 10 - 15 minute aan 'n kant tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met ekstra maalvleis.

Wenk: Nie lus om vuur te maak nie? Jy kan die roosterkoeke ook in 'n riffelpan braai. Dit lyk byna nes dié wat oor die kole gebraai is.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Karoo-lamskerrie

    Karoo-lamskerrie

    SARIE KOS Winter 2009

    Die kerrie waarmee ek grootgeword het! Lekker so reg uit die Karoo.

  • Kerrie-lam-skenkel-pastei

    Kerrie-lam-skenkel-pastei

    SARIE Maart 2010

    As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!

  • Kerriegroenbone

    Kerriegroenbone

    SARIE - Augustus 2009

  • Kerriemaalvleis-vetkoek

    Kerriemaalvleis-vetkoek

    SARIE - Mei 2009

    Ek dink die meeste van ons ken vetkoeke só – veral as jy al by die KKNK of Aardklop was! Daar kan jy jou behoorlik lam eet hieraan. Gebruik die resep vir suurdeeg-vetkoek en maak die kerriemaalvleis-vulsel soos volg.

  • Roosterkoek met konfyt en kaas

    Roosterkoek met konfyt en kaas

    SARIE - Desember 2010

    Brood wat van die kole kom, is mos bróód! Jy kan selfs so 200 g fyn biltong by die deeg inmeng vir ekstra smaak.

Kommentaar