Roosterkoekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Klein roosterkoekies van 6 x 3 cm lyk baie oulik!
(sowat 15 roosterkoekies)
- 125 g (225 ml) witbroodmeel
- 125 g (225 ml) koekmeel
- 5 ml sout
- 10 g kitssuurdeeg-pakkie
- 10 ml suiker
- 155 ml warm water
- klein bietjie kookolie
- kaas van jou keuse, bv. cheddar, groenvye en biltong om saam voor te sit
Meng die broodmeel, koekmeel, sout, suurdeeg en suiker in ’n mengbak. Voeg die warm water by en maak aan tot ’n stywe deeg. Knie die deeg vir minstens 10 minute. Plaas die deeg in ’n bak en smeer ’n bietjie kookolie bo-oor. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat staan op ’n warm plek tot die deeg tot dubbel die grootte gerys het. Knie af en vorm in ’n lang wors. Sny die deegwors in klein stukkies en vorm die roosterkoeke. Laat weer vir so 15 minute rys. Braai die roosterkoeke oor matige kole of braai in ’n riffelpan tot gaar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Biltong-en-kaas roosterkoeke
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Maak hierdie sommer as voorgereg. Jy hoef niks daarby voor te sit nie – alles is sommer al klaar binne-in.
-
Gerooktesnoek-koekies
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd