Rooswater-koeksisters
Foto’s: Donna Lewis Galery
Ek gee my ouma se resep nuwe lewe met rooswater in die stroop. Blomgeure is immers nou gróót.
(12 - 16 koeksisters)
- 400 g (500 ml) suiker
- 250 ml water
- 20 ml rooswater
- 240 g (430 ml) koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 30 ml botter, gesmelt
- 1 eier
- 300 ml melk
- olie vir diepbraai
Plaas suiker en water in 'n groot kastrol. Roer oor lae hitte totdat dit begin kook. Kook vir 10 minute en verwyder van hitte.Voeg rooswater by. Plaas in yskas tot koud. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng botter, eier en melk. Voeg dit by droë bestanddele terwyl jy meng.Keer deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie tot glad. Laat rus vir 20 minute.Rol uit tot 5 mm dik op meelbestrooide oppervlak. Sny in repe van 1,5 cm breed en 3 cm lank. Sny elkeen in die lengte middeldeur, tot sowat 5 mm van bo af, sodat die twee dele steeds bo aan mekaar vas is. Vleg die repies en verseël punte stewig deur vas te druk. Braai in warm olie tot goudbruin en bros. Dompel dadelik vir 5 minute in koue stroop.Haal uit en laat afkoel. Die stroop móét so koud as moontlik bly. Ek sit dit op 'n bak ys terwyl ek werk. Maak seker die olie is nie te warm nie, anders sal die koeksisters brand aan die buitekant en rou wees in die middel.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
5 Minuut-sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Fluweelpoeding
SARIE KOS Winter 2009
Die naam beskryf dit so goed – sag en romerig.
-
Heuningkoekpoeding
SARIE KOS Winter 2009
-
Koeksisters
SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1
Moenie bang wees om jou eie koeksisters te maak nie. Volg net die resep en jy sal sien dis so maklik, enigeen kan dit regkry.
-
Rolpoeding
SARIE KOS Winter 2009
Op Engels is dit die bekende roly-poly, opgerol met appelkooskonfyt en in ’n stroop gebak
-
Sagopoeding brûlée
SARIE - Augustus 2009
Sagopoeding kry tradisioneel ’n sagte merinque bo-op. Ek het besluit om 2009 se weergawe as ’n brûlée voor te sit
-
Turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
Die naam sê reeds dit smelt in die mond (dis mos Turkish Delight).
















Kommentaar
Anna het gesê:
Ek het al rooswater by Pick 'n Pay gesien. Dit is by hulle versiersels, kleursels en geursels rak.
11de Mei. 2012, 09:49Mari het gesê:
Heerlik! Maar waar op aarde kry mens rooswater in die hande? Ek het al die hele Kaapstad plat gesoek (miskien kyk ek nie op die regte plekke nie). Enige voorstelle?
1ste Des. 2011, 19:18chum rhodes het gesê:
goed
25ste Des. 2010, 15:48