Rosé-geposjeerde pere-pavlova
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gebruik sjef Lienkie Erasmus se maklike pavlova-resep, maar maak slegs twee meringue-sirkels.
(2 porsies)
- 15 ml mielieblom
- 1 bottel rosé-wyn
- 50 g (60 ml) suiker
- 1 heel kaneelstok
- skil van 1 lemoen
- skil van 1 suurlemoen
- 3 - 4 pere
- 250 ml room, styfgeklop
Meng die mielieblom met 30 ml van die rosé. Hou eenkant. Verhit die res van die rosé saam met die suiker, kaneelstok, lemoen- en suurlemoenskil in ’n kastrol. Prut tot die suiker opgelos het. Skil die pere, maar hou die stingels aan. Plaas die pere in die pruttende stroop. (Jy kan eers twee pere halveer sodat hulle mooi pienk binne is. Die heel pere word nie dwarsdeur pienk nie.) Bedek en prut vir 25 minute. Keer die pere nou en dan om. Haal dan versigtig uit. Dreineer die stroop om die skil en kaneel te verwyder. Gooi die skoon stroop terug in die kastrol en voeg die mielieblom-mengsel by. Prut oor ’n lae temperatuur tot die sous verdik. Laat afkoel. Skep die geklopte room bo-op die pavlova en rangskik die pere op die room. Besprinkel met van die stroop.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie
SARIE - Desember 2009
Sit sommer die bakke op die tafel en laat jou gaste elkeen hul eie pavlova maak. Die res is so maklik, jy kan ontspan en rustig saam kuier
-
Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee
SARIE KOS Herfs 2010
In die Lente 2008-SARIE KOS het sjef Lienkie Erasmus dié pavlova gemaak. Dis heerlik maklik só met vrugte.
-
Peter de Wet se sjokolade-pavlova
SARIE KOS vir mans 2010
















Kry jou SARIE oral, enige tyd