Rykste sjokolade-yskastert

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Somer 2009/10

Rykste sjokolade-yskastert Foto’s: Micky Hoyle Galery

Vir hierdie een móét jy 70%-sjokolade gebruik, anders sal die vulsel nie styf word nie.

(6 - 8 porsies)

Sjokolade-deeg

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • knippie sout
  • 15 ml kakao
  • 190 g (210 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 2 eiergele
  • 15 ml koue water

Plaas meel, strooisuiker, sout en kakao in voedselverwerker. Voeg botter by en meng totdat dit soos broodkrummels lyk. Klits eiergele en water saam. Voeg by mengsel en meng tot deeg vorm. Maak deeg toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 2 uur. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak en voer 'n gesmeerde losboomquiche- pan van so 23 cm daarmee uit. Plaas 'n groot stuk bakpapier bo-op en vul met droë bone. Bak vir 20 minute. Maak seker die deeg is gaar - die tert gaan nie weer oond toe nie. (Onthou, die bone kan nie weer gebruik word nie, behalwe om 'n deegdop blind te bak.)

Sjokolade-vulsel

  • 200 g 70%-donkersjokolade, in stukke gebreek
  • 300 ml room
  • 30 ml kakao, gesif
  • sjokolade-krulle

Plaas sjokolade en room in 'n bak wat oor kastrol met water - wat net gekook het - pas. Laat sjokolade en room saam smelt. Roer nou en dan. Voeg kakao by en meng goed. Gooi mengsel in gaar tertdop en plaas in yskas tot gestol. Sit voor met sjokolade-krulle en styfgeklopte room.

 

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Amandeltert

    Amandeltert

    SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1

    Die Franse noem dit "frangipane". Hier is my weergawe daarvan.

  • Braambessie-kaaskoektert

    Braambessie-kaaskoektert

    SARIE KOS Herfs 2010

    Braambessies is die Engelse blackberries.

  • Karamel-en-pekanneut-tert

    Karamel-en-pekanneut-tert

    SARIE KOS Herfs 2010

    Ideaal vir wanneer jy lus is vir iets báie soets.

  • Vryvorm-sjokolade-tert

    Vryvorm-sjokolade-tert

    SARIE - April 2010

    Die tert verg geen uitvoer van panne met deeg nie. Dis eenvoudig om te maak.Die tert stol eers heeltemal wanneer dit afkoel. Moet dit dus nie te lank bak nie, anders gaan die vet in die sjokolade uitborrel.

  • Warm dubbel-sjokolade-drankie

    Warm dubbel-sjokolade-drankie

    SARIE - April 2010

    Dit maak jou van binne af warm soos jou eerste soen!Ek skink die warmsjokolade ná ete as 'n vinnige nagereg met tuisgemaakte malvalekkers bo-op.

Kommentaar