S’mores – malvalekker-en-sjokolade-koekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Kinders is mal oor dié koekies - ook lekker vir markdag.
18 s’mores
- 36 Marie-beskuitjies (1 pakkie sal genoeg wees)
- 18 wit malvalekkers
- 100 g melksjokolade
STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas 18 Marie-beskuitjies daarop. Sit ’n malvalekker bo-op elkeen. Smelt sjokolade oor ’n kastrol met kookwater of teen ’n lae temperatuur in die mikrogolfoond. Plaas bakplaat versigtig in die oond vir net 2 minute.
STAP 2
Skep ’n teelepel van die gesmelte sjokolade bo-op elke koekie se malvalekker.
STAP 3
Druk versigtig nog ’n Marie-beskuitjie bo-op elkeen vas. Laat afkoel voor jy dit eet, want die malvalekkers word baie warm.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Aarbeikonfyt-vensterkoekies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Een van my gunsteling-koekies is Jolly Jammers. Dis maklik om te maak en proe nes dié wat ek as kind geëet het.
-
Hawermoutkoekies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Dis soos my ouma Bettie dit gemaak het. Saam met warm moerkoffie is dit baie lekker!
-
Hertzoggies in 'n pan
SARIE - November 2010
Dis 'n baie ligte en goedkoop koekie om te maak.
-
Lelik-maar-lekker-koekies
SARIE KOS Herfs 2010
-
Nina se sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
My dogter Nina het tydens 'n vakansie op Oudtshoorn dié resep by 'n vriendin se ma gekry. Sy't dit aangepas en maak dit gereeld vir ons.
-
Sjokolade-brownies
SARIE KOS Somer 2009/10
Maak sowat 24 blokkies van 4 x 4 cm




















Kry jou SARIE oral, enige tyd