Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
Foto’s: Donna Lewis Galery
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
(4 porsies)
- 30 ml olyfolie
- 6 uie, in ringe gesny
- 80 ml heuning
- 60 ml balsemasyn
- 4 broodrolletjies
- 30 ml botter
- 45 ml mosterd
- 125 g pastrami (sowat 8 snye)
- 30 g roketblare
- 150 g verouderde cheddarkaas
- 60 ml mayonnaise van goeie gehalte
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit olyfolie in 'n groot pan en braai uie tot deurskynend en bruin. Voeg heuning en balsemasyn by. Verlaag hitte en laat vir sowat 20 minute stadig prut tot taai. Sny broodrolletjies in die helfte en hol uit. Smeer elke helfte met botter en met mosterd. Verdeel die pastrami, roket, kaas en mayonnaise tussen die broodrolletjies. Geur goed met sout en peper. Plaas op 'n bakplaat en draai toe met kleefplastiek. Sit nog 'n bakplaat bo-op. Sit iets swaars daarop soos blikkies tamatie en laat vir sowat 1 uur in die yskas afkoel. Draai elke broodjie in bakpapier toe en sit voor saam met die uiemarmelade.
Verwante artikels
-
Bierbrood
SARIE KOS vir mans 2010
Hierdie brode is lekker saam met die boontjiegereg. Jy skep van die boontjies op 'n stuk brood vir 'n wenkombinasie.
-
Braaibroodjies in 'n pan
20 minute
-
Ciabatta-steak-happies
SARIE KOS Somer 2010/11
Hier's 'n heerlike maaltyd om voor die TV te eet.
-
Croque-madame
SARIE September 2010
Tradisioneel staan dié broodjie as croque-monsieur bekend, maar wanneer jy 'n geposjeerde eier bo-op sit, word dit 'n madame.
-
Geroosterde hoender-en-aartappel-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Hoender-quesadillas met avokado en feta
SARIE KOS Lente 2010
25 minute
-
Hot cross bun-roomysbroodjies
SARIE Maart 2010
’n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die keuse is joune!
-
Klein frikkadelle in pitabroodjies
SARIE KOS Lente 2009
-
Oondbroodjies met mozzarella, tamatie en spek
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Oop broodjie met fyngedrukte bone en gebraaide murgpampoentjies
SARIE KOS Lente 2009
Hier’s 'n smaaklike idees vir middagete.
-
Reënboog-broodjies
SARIE KOS - Lente 2008
My ma se reënboog-broodjies was gewilder as lekkers by ons kinderpartytjies.
-
Regruk-broodjies
SARIE KOS vir mans 2010
As julle gisteraand laat gekuier het, sal hierdie broodjies die ding doen.
-
Worsbroodjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Jy kan die Franse brood met een oopgesnyde gebakte aartappel per persoon vervang. Neem 30 minute














Kommentaar