Salm en forelpatee
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 2 blikke (210 g elk) salm
- 100 g gerookte forel
- 250 g roomkaas
- 30 ml suurlemoensap
- 250 ml room
- 3 gekapte sprietuie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Dreineer die salm en verwyder die vel en grate. Plaas in jou voedselverwerker. Voeg die gerookte forel by en meng goed. Voeg die roomkaas en suurlemoensap by en meng goed. Skep die mengsel in ’n bak. Klits die room styf en vou dit saam met die sprietuie by die vismengsel in. Geur met sout en swartpeper.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Pangebraaide forel met kruiesous
SARIE KOS vir mans 2010
Dís die gereg om vir 'n spesiale vrou te maak.
-
Salm en kapokaartappel
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.
-
Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd