Salm en kapokaartappel
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.
Jy geur die vis net met ’n bietjie sout en varsgemaalde swartpeper en braai dit óf vinnig in ’n pan óf bak dit in die oond vir hoogstens 12 minute teen 180 °C (dit moet rooipienk in die middel wees). Vir kapokaartappel kook ons vinnig ’n paar aartappels in die mikrogolfoond en druk dit sommer met die vurk fyn. Moenie die skil weggooi nie – ons meng dit by die aartappel in. Moet ook nie botter of margarien
bygooi nie – ’n lepel olyfolie is beter. Jy kan ook ’n bietjie basilie of enige Italiaanse kruiemengsel gebruik om die kapokaartappel te geur.
Verwante artikels
-
Aartappel-koekies met geposjeerde eiers
Jy kan ook die eiers stadig panbraai of net sag kook as jy wil.
-
Groente-en-vis-pakkies
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy kan die pakkies reeds voor werk maak en in die yskas hou. Bak dit dan net wanneer jy by die huis kom.
-
Salm en forelpatee
SARIE KOS - Lente 2008
-
Salm gekook in vonkelwyn
SARIE KOS Lente 2009
Druiwe, vonkelwyn en salm is eenvoudig indrukwekkend.
-
Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
-
Salm-en-groente-lasagne
SARIE KOS - Somer 2007
-
Salmone con Pancetta
SARIE KOS Herfs 2009
Salmforel toegedraai in pancetta met lensies en jogurt
-
Warm salm-amper-niçoise
SARIE KOS Herfs 2010
















Kommentaar