Salm gekook in vonkelwyn

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Lente 2009

Salm gekook in vonkelwyn Foto’s: Micky Hoyle Galery

Druiwe, vonkelwyn en salm is eenvoudig indrukwekkend.

4 porsies

  • 120 g botter
  • 50 g koekmeel
  • 3 salotte, fyngekap
  • 500 ml vonkelwyn
  • 100 ml groente- aftreksel
  • 4 salm-filette
  • 400 ml room
  • 250 ml vonkelwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g groen druiwe, gehalveer

Laat 50 g van botter sag word. Meng koekmeel met die 50 g sagte botter tot ’n gladde pasta. Hou eenkant. Smelt 20 g van die botter in ’n pan en braai salotte tot lig en deurskynend. Voeg vonkelwyn by en laat afkook tot helfte. Voeg aftreksel by. Kook vir 5 minute. Smeer ’n groot, plat pan met botter. Plaas visfilette daarop en gooi warm vonkelwyn-sous oor. Posjeer vir 5 minute. Haal vis uit en hou warm. Gooi sous waarin vis gekook het in ’n kastrol en voeg botter-en-meelmengsel stadig by. Kook vir 10 minute. Voeg room by en prut vir so 10 minute tot dik. Voeg die 250 ml vonkelwyn by. Geur met sout en swartpeper. Smelt res van botter en braai druiwe vir so 5 minute. Gooi sous oor salm en sprinkel gebraaide druiwe oor.

Om te drink
Four Cousins se heerlike nuwe pienk vonkelwyn

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Salm en kapokaartappel

    Salm en kapokaartappel

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.

  • Salm gerook met rooibostee

    Salm gerook met rooibostee

    Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.

Web Development by FormFunction