Salm gerook met rooibostee

Deur Barbara Joubert

Salm gerook met rooibostee Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.

  • 200 g (250 ml) sagte bruinsuiker
  • 250 ml wit rys
  • 250 ml rooibostee-blare
  • 4 salmfilette
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml olyfolie
  • hand vol vars slaaiblare
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny

Voer 'n diep wok of kastrol met tinfoelie uit. (Jy moet 'n ronde afkoelrak hê wat binne-in pas.) Meng suiker, rys en teeblare. Gooi mengsel in wok. Sit wok op stoof en verhit. Geur vis met sout en swartpeper en smeer 'n bietjie olyfolie oor elke filet. Plaas vis op rakkie in wok wanneer dit begin rook. Maak toe met deksel. Laat rook vir 8 - 10 minute. Sit voor met slaaiblare en suurlemoen.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar

Verwante artikels

  • Broodjies met dille, salmforel en komkommer

    Broodjies met dille, salmforel en komkommer

    SARIE - September 2005

    'n Teeparty is nie ’n teeparty as daar nie komkommer-en salm- broodjies is nie. Ek het swart rogbrood (Pumpernickel) gebruik - dis dun en klaar gesny. Jy kan natuurlik enige ander brood gebruik

  • Gerookte salm-soufflé

    Gerookte salm-soufflé

    SARIE KOS - Herfs 2008

    Die uithaal-en-wys-soufflé!

  • Groente-en-vis-pakkies

    Groente-en-vis-pakkies

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Jy kan die pakkies reeds voor werk maak en in die yskas hou. Bak dit dan net wanneer jy by die huis kom.

  • Salm en forelpatee

    Salm en forelpatee

    SARIE KOS - Lente 2008

  • Salm en kapokaartappel

    Salm en kapokaartappel

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.

  • Salm gekook in vonkelwyn

    Salm gekook in vonkelwyn

    SARIE KOS Lente 2009

    Druiwe, vonkelwyn en salm is eenvoudig indrukwekkend.

  • Salm met aartappels en tamatie

    Salm met aartappels en tamatie

    SARIE - September 2006

    Lus vir ’n bietjie uithang, maar met ’n resep wat min moeite is? Hier is dit! Bevrore salm werk net so goed soos vars salm. Ek hou altyd ’n paar pakke in die vrieskas vir daardie onverwagte gaste

  • Salmone con Pancetta

    Salmone con Pancetta

    SARIE KOS Herfs 2009

    Salmforel toegedraai in pancetta met lensies en jogurt

Kommentaar