Salm met aartappels en tamatie
Foto’s: Inge Prins Galery
Lus vir ’n bietjie uithang, maar met ’n resep wat min moeite is? Hier is dit! Bevrore salm werk net so goed soos vars salm. Ek hou altyd ’n paar pakke in die vrieskas vir daardie onverwagte gaste
(4 porsies)
- 500 g Mediterreense aartappels
- 250 g kersietamaties (probeer dié op die takkie kry)
- 4 vars roosmaryntakkies
- olyfolie
- 4 salmfilette
- 4 ansjovis-filette
- 450 ml witwyn
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 200 °C. Skil die aartappels en kook tot net gaar - die aartappels moet nog ferm wees. Sny nou die aartappels in die lengte in skywe van sowat 5 mm dik. Gooi olyfolie in ’n bakplaat en sit die aartappels en tamaties bo-op. Sit die vars roosmaryntakkies bo-op en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas daarna die salm-filette op die aartappels, asook 1 ansjovis-filet boop elke stuk salm. Geur met vars gemaalde swartpeper en sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor. Sit dit in ’n warm oond vir 6 minute. Haal uit en voeg die wyn by en bak vir nog 6 minute.
Om te drink:
Probeer iets aan die soet kant - die semisoet bukettraube van Cederberg.
Verwante artikels
-
Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd