Salmone con Pancetta
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Salmforel toegedraai in pancetta met lensies en jogurt
(2 porsies)
Visfilette
- 2 x 200 g Franschhoekse salmforel-filette
- 30 ml olyfolie
- hand vol gekapte pietersielie
- sap van 1 suurlemoen
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 groot snye pancetta-coppata
Maak seker daar steek nie grate by die visfilet uit nie – verwyder dit met ’n haartangetjie. Marineer die salm in die olyfolie, pietersielie, suurlemoensap en knoffel vir sowat twee uur. (Maak die bak toe met kleefplastiek.) Verhit jou oond tot 250 °C. Haal die vis uit die marinade en draai elke filet toe in pancetta. Plaas die filette op ’n bakplaat en sit dit vir 5 minute in die warm oond.
Lensie-sous
- 60 ml olyfolie
- 400 g-blik lensies, afgespoel en gedreineer
- ½ ui, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 10 ml witwynasyn
- 15 ml olyfolie
- hand vol gewaste baba-spinasieblare
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die lensies en ui vir sowat 2 minute. Geur met sout, swartpeper en asyn na smaak. Verhit die 15 ml olyfolie en voeg die spinasieblare daarby. Braai vir so 1 minuut en geur met sout en swartpeper. Sit ’n deksel op en laat staan vir so 2 minute.
- Produksie Barbara Joubert en Danny Toüa
Verwante artikels
-
Aartappel-koekies met geposjeerde eiers
Jy kan ook die eiers stadig panbraai of net sag kook as jy wil.
-
Groente-en-vis-pakkies
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy kan die pakkies reeds voor werk maak en in die yskas hou. Bak dit dan net wanneer jy by die huis kom.
-
Mini frittatas with smoked trout
SARIE KOS Herfs 2010
Ideal when you have friends over for drinks.
-
Salm en kapokaartappel
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.
-
Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
-
Salmon smoked with rooibos tea
SARIE KOS Herfs 2010
The rooibos flavour really merges with the fish and gives a definite taste.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd