Salsa verde
Foto’s: Micky Hoyle Galery
- 2 snye witbrood (sonder korsies), grofgebreek
- 4 agurkies
- hand vol pietersielie
- sowat 12 vars kruisementblare
- 25 g kappertjiesaad
- 2 knoffelhuisies
- 30 ml witwynasyn
- 5 ml strooisuiker
- 120 ml olyfolie
- 2 hardgekookte eiers, fyngedruk
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sit die brood in ’n voedselverwerker. Kap fyn. Voeg res van bestanddele behalwe die hardgekookte eiers by. Meng goed tot pasta. Skep in bakkie en roer die fyngedrukte eiers by. Geur met sout en peper.
Wenk: Die sous kan vir 4 dae in die yskas hou.
- Assistent Melissa Pecoraro en Jana van Sittert
Verwante artikels
-
4 moet-maak-salsas
SARIE September 2011
Sit dit voor in klein bakkies op gebreekte ys saam met suurlemoen-kwarte.
-
Gebraaide vis met mango-salsa
SARIE KOS Somer 2010/11
20 minute
-
Geroosterde vark met kool-salsa
SARIE - Februarie 2010
Ek kan nou nog my ma se koolslaai proe! Hier kry dit nuwe lewe saam met varkvleis.
-
Lamsribstuk-tjops met salsa verde en tagliatelle
SARIE KOS Augustus / September 2011
Dié gereg word tradisioneel met kalfstjops gemaak. In Suid-Afrika is kalfsvleis moeilik bekombaar en nogal duur, daarom gebruik ons lam.
-
Ontbeende wildsboud met kruievulsel en olyfsalsa
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Tamatie-en-ui-salsa
SARIE KOS Winter 2009
Lekker saam met Afrika-beesvleis-kerrie
















Kommentaar