Sampioen-en-bloukaas-risotto
Foto’s: Micky Hoyle Galery
30 minute
(4 porsies)
- 15 ml botter
- 15 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 250 g arborio-rys
- 200 ml droë witwyn
- 1,5 liter warm groenteaftreksel
- 500 g wit sampioene, heel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 100 g pecorino-kaas, gerasper
- hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
- 100 g bloukaas, in skywe gesny
Verhit botter en olie saam in 'n diep pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 2 minute. Gooi wyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg aftreksel bietjie vir bietjie by en hou aan roer. Voeg eers weer aftreksel by as vorige skeppie byna geabsorbeer is. Die risotto neem so 25 minute om gaar te word. Voeg sampioene vir laaste 10 minute by. Geur met sout en swartpeper. Roer pecorino-kaas en basiliekruid deur gaar risotto. Rangskik bloukaas-skywe bo-op en sit dadelik voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Ertjie-risotto
SARIE KOS Somer 2010/11
As ek een ete moet kies as my laaste maal, sal dit beslis risotto wees!
-
Geroosterde groente-risotto
SARIE KOS - Herfs 2008
Dié een lyk so mooi dat jy dit enige tyd met gaste – veral vegetariërs – kan deel.
-
Krap-en-ertjie risotto
SARIE - November 2009
Krapvleis uit die blik werk veral goed in ’n risotto
-
Krap-risottokoekies
SARIE - November 2009
Oorskiet-risotto werk baie lekker om dié koekies te maak.
-
Mushroom and bean risotto
SARIE KOS Winter 2009
-
Rooiwyn-risotto
SARIE KOS - Herfs 2008
Dis ideaal vir koue aande voor die kaggel. Hou altyd 'n lekker glas rooiwyn byderhand.
-
Sampioen-en-botterskorsie-risotto
SARIE KOS April/Mei 2011
'n Alles-in-een-ete!
-
Umqa
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Stampmielies hou sy lyf risotto!
















Kommentaar
Daleen Ludick het gesê:
Te heerlik vir woorde! Risotto is my "downfall" in die lewe!!
14de Aug. 2010, 07:40