Sampioen-en-spek-gnocchi
Foto’s: Donna Lewis Galery
Jy kan dié pasta ook in die plek van ’n aartappelgebak voorsit as bygereg saam met braaivleis.
(4 porsies)
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap (opsioneel)
- 250 g spek, fyngekap
- 250 g sampioene, gehalveer
- 250 ml vars room
- 500 g gnocchi
- 30 g parmesaan, gerasper
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg ui en knoffel (indien gebruik) by. Braai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai verder vir nog 5 minute of tot spek begin verbruin. Voeg sampioene by en roerbraai vir 5 – 8 minute.Voeg room by en verlaag hitte. Laat prut vir 10 minute.Terwyl sous prut, kook gnocchi volgens verpakkingsaanwysings en dreineer.Roer parmesaan by warm roomsous. Voeg gaar gnocchi by en meng goed. Geur met sout en peper. Sit warm voor.
Verwante artikels
-
Chorizo-en-ertjie-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gebakte botterskorsie-tagliatelle met pancetta-roomsous
-
Gnocchi met ertjies, bloukaas en sampioene
-
Ravioli bolognaise met salie-bruinbotter
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Twee klassieke Italiaanse geregte word een. Jy kan die vleismengsel die dag voor die tyd maak.
-
Sampioen-gnocchi
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Hierdie is ’n maklike opsie vir aartappel-gebak saam met jou braai. Alles word in een bak gaargemaak met min moeite en skottelgoed.
-
Spaghetti carbonara met olywe
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hitte van die warm spaghetti maak die eiergele gaar en vorm so ’n romerige sous.
-
Tuisgemaakte gnocchi en gebraaide bone
SARIE - Februarie 2010
Daar is iets spesiaals aan tuisgemaakte pasta. Dit laat jou dadelik bederf voel.
















Kommentaar