Sampioene met kruiebotter
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 6 - 10 groot, plat bruin sampioene
- 5 ml vars koljandersaad
- 4 knoffelhuisies
- vuis vol platblaarpietersielie
- klein takkie wildevinkel
- paar vars basiliekruidblare
- takkie vars tiemieblare, of 5 ml droë tiemie
- takkie vars marjoleinblare, of 5 ml droë marjolein
- 5 - 10 vars grasuie
- 3 vars sprietuie
- 350 g botter
- sout en varsgemaalde swartpeper
Smeer 'n plat oondbak met botter of olyfolie. Plaas skoon, droë sampioene steelkant na bo in die bak. Skroei koljandersaad vir 3 minute in 'n droë pannetjie tot effens bruin. Maal fyn in 'n vysel. Kap knoffel fyn saam met al die vars kruie, koljandersaad en uie. Meng met botter en geur met sout en swartpeper. Verdeel die bottermengsel tussen die sampioene en skep teelepels vol op elkeen. Moenie smeer nie - die sampioene sal breek. Bak die sampioene teen 180 °C tot die bottermengsel gesmelt en die sampioene sag maar nog heel is. Sit dit warm saam met vars brood voor om in die sous te doop.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Uit my dorpsplaas-tuin
SARIE KOS - Somer 2007
“Tot jy smôrens in jou eie tuin kan rondloop terwyl die dou nog lê, en ’n kooksel beet blare en al uit die grond trek, het jy nog nie gelewe nie”


















Kry jou SARIE oral, enige tyd