Seekos-paella
Foto’s: Donna Lewis Galery
Die lekkerste van die see, vasgevang in een gereg.
2 porsies
- 20 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 chorizo-wors, in skyfies gesny
- 120 g ertjies, vars of bevrore
- 200 g jasmynrys
- 80 ml witwyn
- 8 heel steurgarnale, doppe verwyder
- 8 mossels
- 1 knippie saffraan (of 1 ml borrie)
- 500 ml hoender-aftreksel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- hand vol vars koljanderblare
Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit olyfolie tot warm en braai ui en knoffel tot goudbruin. Voeg chorizo en ertjies by en braai vir nog 5 minute. Voeg rys by en braai vir 3 minute. Gooi witwyn
oor en laat wegkook. Plaas mengsel in ’n oondvaste bak en plaas seekos bo-op. Voeg saffraan by aftreksel en giet twee derdes daarvan oor rys. Maak bak toe met tinfoelie en bak vir 30 minute. Voeg res van vloeistof by. Laat vir nog 30 minute bak, of tot rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is. (Verwyder enige mossels wat nie oopgegaan het nie.) Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met gekapte koljanderblare.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Pangebraaide kammossels op warm kekerertjie-puree
SARIE - Junie 2010
Die puree is byna hoemoes wat sop geword het.
-
Seekos-jambalaia
SARIE KOS April/Mei 2011
Jambalaia is 'n gereguit Louisiana inAmerika. Dit het 'n Spaanse invloed, daarom lyk dit baie soos paella.
-
Seekos-paella
SARIE KOS Herfs 2010
-
Soort-van-paella
SARIE KOS Junie/Julie 2011
As jy van seekos hou, is dié een vir jou, en die resepmaak genoeg om sommer iemand vir ete te nooi.
-
Tafel vir 2 - Spyskaart-idees vir Valentynsdag
SARIE - Februarie 2010
Valentynsdag is 'n dag om liefde vir mekaar te vier, te lag oor wat was en te deel oor wat nog kom! Maak kos met oorgawe en liefde, dit sal onvergeetlik bly. Herman dek 'n tafel vir 2
-
Witwyn-gestoomde mossels
SARIE - Junie 2010
Geniet saam met tuisgebakte brood of geurige geelrys.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd