Seekos-paella
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 30 ml olyfolie
- 1 rooi-ui, grofgekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 rooi soetrissie, in repe gesny
- 2 chorizo-worse, in skywe gesny
- 500 ml langkorrelrys
- 500 ml witwyn
- 1 ml borrie
- 1 ml paprika
- 2 lourierblare
- 1 blik (410 g) gekapte tamaties
- 1,5 liter hoender-aftreksel
- 400 g steurgarnale (prawns)
- 200 g halfskulp-mossels
- 5 tiemietakkies se afgestroopte blare
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- hand vol pietersielie, grofgekap
Verhit olyfolie in 'n paella-pan. Braai ui, knoffel en soetrissie saam vir sowat 2 minute. Voeg chorizo by en braai vir sowat 5 minute. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi witwyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg borrie, paprika, lourierblare en tamaties by. Voeg aftreksel met 'n groot soplepel by, lepel vir lepel. Roer nou en dan. Voeg steurgarnale, mossels en tiemie by so 10 minute voordat rys gaar is. Geur met sout en swartpeper. Wanneer steurgarnale pienk is, is hulle gaar. Sprinkel pietersielie oor.
Om te drink: 'n Jong witwyn - chenin blanc sal goed werk.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Barbara se seekospaella-pot
SARIE - November 2005
Dis ’n kombinasie van ’n seekospot en paella. Jy maak sommer alles in jou kombuis, want dis waar daar gekuier word. Neil se mean slaai kompleteer hierdie gereg uitstekend.
-
Mossels met roomsous en gremolata
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gremolata is eintlik maar net pietersielie, suurlemoen en knoffel wat saam fyngekap is – dis ’n heerlike kombinasie saam met Weskus-mossels.
-
Seekos-jambalaia
SARIE KOS April/Mei 2011
Jambalaia is 'n gereguit Louisiana inAmerika. Dit het 'n Spaanse invloed, daarom lyk dit baie soos paella.
-
Seekos-paella
SARIE - Februarie 2010
Die lekkerste van die see, vasgevang in een gereg.
-
Seekospakkie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié een kan jy reeds die aand voor jou kuier maak. Hou die rou pakkies in jou yskas en sodra julle reg is om te eet druk jy dit in die oond om gaar te word. Bedien dit sommer net so in die pakkie, dan lyk dit soos ’n geskenk.
-
Soort-van-paella
SARIE KOS Junie/Julie 2011
As jy van seekos hou, is dié een vir jou, en die resepmaak genoeg om sommer iemand vir ete te nooi.
















Kommentaar