Sjokolade-brownies

Deur Wynand du plessis, SARIE KOS Somer 2009/10

Sjokolade-brownies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Maak sowat 24 blokkies van 4 x 4 cm

  • 500 g donkersjokolade
  • 250 g botter
  • 6 eiers, geskei 
  • 325 g bruinsuiker
  • 70 g koekmeel
  • 125 ml sterk koffie
  • 30 g kakao-poeier
  • 50 g witsjokolade-skaafsels

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n gesmeerde vierkantige bak van 20 x 15 cm uit met bakpapier. Kap donker-sjokolade fyn en smelt dit saam met botter in ’n bak oor warm water. Klop eiergele en suiker (verkieslik met ’n elektriese handklitser) in ’n bak oor kookwater tot dik en lig van kleur. Voeg sjokolade-en-botter-mengsel by. Meng meel, koffie en kakao-poeier by. Klits eierwitte styf en vou in. Gooi in gesmeerde, uitgevoerde bak. Bak vir 30 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny in blokkies en bedek met ganache (sien onder). Versier met witsjokolade-skaafsels.

Sjokolade-ganache

  • 500 ml room
  • 1 kg donkersjokolade

Plaas saam in ’n kastrol en smelt oor baie lae hitte. Laat afkoel voor gebruik.

  • Produksie Barbara Joubert

Verwante artikels

Kommentaar

  • Ek dink julle resepte is baie lekker Liefde Aletta xxx

    23ste Okt. 2011, 12:52