Sjokolade-haselneut-en-piesang-koek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Kyk hoe lekker word so 'n piesangbrood opgezhoosh!
(8 porsies)
- 115 g (125 ml) botter
- 200 g (250 ml) bruinsuiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 2 eiers
- 4 - 6 (500 g) piesangs, fyngedruk
- 280 g (500 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 100 g haselneute, grofgekap
- 100 g donkersjokolade, grofgekap
Vir die karamelsous
- 200 g (250 ml) suiker
- 60 ml water
- 250 ml room
Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en vanielje met 'n elektriese menger. Voeg eiers een-een by en meng goed. Gooi piesang by en meng deur. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vou by piesangmengsel in. Vou gekapte neute en sjokolade in. Gooi in 'n pan met 'n volume van 750 ml en bak vir 50 - 60 minute of tot goudbruin en gaar.
Vir karamelsous: bring suiker en water in 'n pot tot kookpunt. Laat stadig prut tot 'n goue karamel. Verwyder van hitte, gooi room by en meng goed tot 'n gladde sous. Laat afkoel en sit voor
by die piesangkoek.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
SARIE Maart 2010
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
-
Kersfees-sjokolade-terrien
SARIE - Desember 2009
Wat is dié tydvan die jaar sonder ’n Kersfees-koek? Probeer dié anderste een
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
-
Piesang-en-vla-yskastert
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 2
Dis werklik die lekkerste yskastert wat 'nmens kry! Die bolaag is die beste, want dis waar al die kondensmelk is.
-
Pynappel-wortelkoek
SARIE Augustus 2010
-
Sjokolade-neutbederf
SARIE - Maart 2011
Dalk het jy, soos ek, grootgeword met dié koekies met Mariebeskuitjies. Hier is my weergawe van die resep.
-
Witsjokolade-truffels
SARIE KOS Somer 2009/10
Werklik baie eenvoudig om te maak – en ’n pragtige geskenk.
















Kommentaar