Sjokolade-kaaskoek

Deur Barbara Joubert

Sjokolade-kaaskoek Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!

(1 x 23 cm-kaaskoek)

Gebruik die basiese resep (romerige gebakte kaaskoek). Vervang die suurlemoenskil met 300 g donkersjokolade wat jy in 'n bak oor kookwater gesmelt het. (Die water moenie kook terwyl jy die sjokolade smelt nie.) Voeg die sjokolade ná die room by en klop goed. Die baktyd bly presies soos in die basiese resep. Sif 'n klein bietjie kakao oor en versier met nog gesmelte sjokolade bo-op.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

Kommentaar