Sjokolade-koekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die beste sjokolade-koekies! Saam met warmsjokolade sal dit jou in ’n oogwink van die koue laat vergeet
20 koekies
- 120 g donkersjokolade (verkieslik 70%), gekap
- 110 g sagte, ongesoute botter
- 148 g (185 ml) bruinsuiker
- 1 eier
- 5 ml vanieljegeursel
- 140 g (250 ml) koekmeel
- 62 ml kakao
- 5 ml koeksoda
- knippie sout
- 280 g donkersjokolade (verkieslik 70%), in groot stukke gekap
Verhit oond tot 160 °C. Plaas 120 g sjokolade in ’n glas- of metaalbak. Plaas bak oor ’n kastrol met warm water. Roer sjokolade nou en dan totdat dit gesmelt is. Hou eenkant.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eier en vanielje by en klits goed. Sif meel, kakao, koeksoda en sout saam. Voeg gesifte bestanddele en gesmelte sjokolade by bottermengsel. Meng goed en voeg res van gekapte sjokolade by.
Voer bakplate uit met bakpapier wat goed gesmeer is. Skep teelepels vol van mengsel op bakplaat. Los genoeg spasie tussen die koekies, want hulle gaan plat uitrys. Ek bak so 6 koekies op ’n slag. Bak vir 10 – 12 minute totdat koekies bo-op effens begin kraak. Laat vir so 5 minute op die bakplaat afkoel voor jy dit op die afkoelrak sit.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gemmerkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Saam met 'n warm glas melk is gemmerkoekies net die ding.
-
In jou nuutste SARIE KOS - Winter-uitgawe
SARIE KOS Winter 2009 | Kommentaar: 18
Op Woensdag 1 Julie verskyn nog 'n uitgawe van SARIE KOS propvol koesterkos, stroopsoet warmgebak en potte vol inspirasie. Kosredakteur, Barbara Joubert, vertel wat op jou wag in die Winter-uitgawe
-
Kersfees-glaskoekies
SARIE KOS Somer 2009/10
Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.
-
Lief vir kos?
SARIE - Oktober 2009
-
Oor sjokolade
SARIE - Augustus 2009
-
Warmsjokolade-drankie
SARIE KOS Winter 2009 | Kommentaar: 1
Niks maak jou hande en maag so warm soos hot chocolate nie
















Kommentaar
Surina het gesê:
Kan nie wag nie - het al van nommer 1 - 6, so hier kom die volgende ene... Jippieeeeee! Dankie Sarie, julle gee my nog meer rede om lekker kos te maak!
30ste Jun. 2009, 09:53