Sjokolade-koekies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Sjokolade-koekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die beste sjokolade-koekies! Saam met warmsjokolade sal dit jou in ’n oogwink van die koue laat vergeet

20 koekies

  • 120 g donkersjokolade (verkieslik 70%), gekap
  • 110 g sagte, ongesoute botter
  • 148 g (185 ml) bruinsuiker
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 62 ml kakao
  • 5 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 280 g donkersjokolade (verkieslik 70%), in groot stukke gekap

Verhit oond tot 160 °C. Plaas 120 g sjokolade in ’n glas- of metaalbak. Plaas bak oor ’n kastrol met warm water. Roer sjokolade nou en dan totdat dit gesmelt is. Hou eenkant. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eier en vanielje by en klits goed. Sif meel, kakao, koeksoda en sout saam. Voeg gesifte bestanddele en gesmelte sjokolade by bottermengsel. Meng goed en voeg res van gekapte sjokolade by. Voer bakplate uit met bakpapier wat goed gesmeer is. Skep teelepels vol van mengsel op bakplaat. Los genoeg spasie tussen die koekies, want hulle gaan plat uitrys. Ek bak so 6 koekies op ’n slag. Bak vir 10 – 12 minute totdat koekies bo-op effens begin kraak. Laat vir so 5 minute op die bakplaat afkoel voor jy dit op die afkoelrak sit.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Aarbeikonfyt-vensterkoekies

    Aarbeikonfyt-vensterkoekies

    SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1

    Een van my gunsteling-koekies is Jolly Jammers. Dis maklik om te maak en proe nes dié wat ek as kind geëet het.

  • Die soeter kant van Helen Zille

    Die soeter kant van Helen Zille

    Kommentaar: 1

    Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, is gisteraand vereer met 'n kunswerk van haarself wat van sjokolade gemaak is

  • Hertzoggies in 'n pan

    Hertzoggies in 'n pan

    SARIE - November 2010

    Dis 'n baie ligte en goedkoop koekie om te maak.

  • Koeksisters

    Koeksisters

    SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1

    Moenie bang wees om jou eie koeksisters te maak nie. Volg net die resep en jy sal sien dis so maklik, enigeen kan dit regkry.

  • Sjokolade-splinter-koekies

    Sjokolade-splinter-koekies

    SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1

    Maak die koekies net so groot soos jy wil - hoe groter, hoe lekkerder.

  • Soetkoekies

    Soetkoekies

    SARIE KOS Winter 2010

    Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.

  • Ster-koekies

    Ster-koekies

    SARIE - Desember 2010

    Kry die kinders om die tafel en laat almal saam bak. Sien onder 'n resep vir versiersel, wat koekies perfek vir die Kersboom maak.

  • Witsjokolade-en-kardomom-biscotti

    Witsjokolade-en-kardomom-biscotti

    SARIE - April 2010

    Jy kan die kardemom vervang met enige speserye van joukeuse, soos vanielje of selfs kaneel.

  • Ystervarkies

    Ystervarkies

    SARIE KOS Winter 2010

    Eintlik is dié lekkerte Australies, maar omdat my ouma dit só lekker gemaak het, is dit vir my pure Suid-Afrikaans!