Sjokolade-mousse

Deur Barbara Joubert, SARIE - Mei 2005

Sjokolade-mousse Foto’s: Inge Prins Galery

Definitief my gunsteling-nagereg - enigiets met sjokolade!

(6 porsies)

  • 4 eiers, geskei
  • 125 ml strooisuiker
  • 25 ml brandewyn
  • 37 ml sterk koffie
  • 100 g botter, in blokkies gesny
  • 200 g donker sjokolade

Klits eiergele en suiker tot dik. Klits die brandewyn by. Smelt die sjokolade en koffie oor warm water. Wanneer gesmelt, klits die botter blokkie vir blokkie by om ’n gladde room te vorm. Klits sjokolademengsel by eiergeel-en-suikermengsel. Klits die eierwitte styf en vou in by die sjokolade-eiermengsel. Skep in glasies. As jy wil, kan jy styfgeklopte room hierby voorsit.