Sjokolade-peerkoek
Foto’s: Donna Lewis Galery
Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.
(8 – 10 porsies)
- 85 g (90 ml) botter
- 85 g (105 ml) bruinsuiker
- 100 g donkersjokolade, fyngekap
- 15 ml haselneutlikeur
- 3 eiers, geskei
- 100 g haselneute, fyngemaal
- 4 pere, geskil, ontklok en in kwarte gesny
Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, suiker en sjokolade saam in middelslag-pot oor lae hitte. Hou aan
roer tot gladde mengsel. Verwyder van hitte en voeg likeur, eiergele en haselneute by. Roer tot gemeng. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by sjokolademengsel in. Voer ’n koekpan van 30 x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan. Pak peerkwarte bo-op en bak vir 45 – 60 minute.
- Assistent Tanya Pohl
Verwante artikels
-
Donkersjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 2
Liesl Herwig van Kaapstad vertel dat sy dié resep by ’n vriendin in londen gekry het.
-
Herman se grootword-sjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
"Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."
-
Karamel-mousse-koek
SARIE Februarie 2012
Dis ’n kombinasie van ’n flan en ’n uitgeholde sjokoladekoek van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.
-
Pavlova met ’n twist
SARIE Februarie 2012
Kombineer pavlova met gekoopte koek uit die bakkery, en jy kyk met nuwe oë na dié klassieke nagereg.
-
Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek
SARIE Februarie 2012
Jy kan lemoen-bloeiselwater by die supermark koop.
















Kommentaar