Sjokolade-soufflé
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie een is nogal ryk, maar terselfdertyd lig. Dit lyk mooi as jy kleintjies in koppies bak.
(4 porsies)
- 50 g (sowat 50 ml) sagte botter (om die bakkies mee te smeer)
- strooisuiker (ook vir die bakkies)
- 120 g sjokolade (70% kakao), fyngekap
- 30 ml brandewyn (opsioneel)
- gerasperde skil van ½ lemoen
- 4 eiergele, goed geklits
- 6 eierwitte
- 20 g (25 ml) strooisuiker
- versiersuiker, om bo-oor te sif
Verhit jou oond tot 190 °C. Smeer 4 bakkies of koppies met die sagte botter. Skud ’n bietjie strooisuiker in elke koppie en draai rond tot die gebotterde binnekant bedek is met ’n lagie strooisuiker. Plaas die sjokolade en brandewyn in ’n bak bo-op ’n kastrol met warm water om te smelt. Voeg die lemoenskil by, en klits die eiergele by. Verwyder die bak van die kastrol. Klits die eierwitte styf. Sprinkel die 25 ml strooisuiker oor die eierwitte en klits weer goed. Vou ’n kwart van die eierwitmengsel vinnig by die sjokolademengsel in, en vou dan die res van die eierwit versigtig in. Giet in die voorbereide bakkies of koppies. Plaas in ’n oondbak. Vul met kookwater tot so halfpad teen die bakkies op. Trek met ’n mes al om die binnerand van elke bakkie. Bak vir sowat 15 minute. Haal versigtig uit en sif versiersuiker bo-oor. Sit dadelik voor met styfgeklopte room.
Om te drink
Kies een van Boplaas se drie soorte port (na gelang van jou begroting) saam met die sjokolade-soufflé.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Donker-sjokolade-lemoen-soufflé
SARIE - April 2010
Jy hoef glad nie bang te wees vir dié soufflé nie. Al val dit plat, bly dit ewe lekker.Ek eet soufflé saam met roomys of vars room. Die koue daarvan sal die hitte van die soufflé balanseer.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd