Sjokolade-splinter-koekies
Foto’s: Donna Lewis Galery
Maak die koekies net so groot soos jy wil - hoe groter, hoe lekkerder.
(16 groot koekies)
- 220 g (240 ml) botter
- 260 g (325 ml) bruinsuiker
- 2 eiers
- 340 g (950 ml) hawermout
- 220 g (380 ml) koekmeel
- 200 g donkersjokolade, in growwe splinters gekap
- 5 ml sout
Verhit oond tot 160 °C. Room botter en bruinsuiker met 'n elektriese menger tot lig en romerig. Breek eiers een vir een by en meng goed. Vou die res van die bestanddele om die beurt by en meng goed. Gebruik 'n roomyslepel en skep balle vol van die beslag op gesmeerde bakplate. Druk met jou palm plat tot 1 cm dik. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en geniet saam met 'n glas yskoue melk.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Bros koekies
SARIE Januarie 2010
-
Gemmerkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Saam met 'n warm glas melk is gemmerkoekies net die ding.
-
Kersfees-glaskoekies
SARIE KOS Somer 2009/10
Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.
-
Klapper-en-sjokoladekoek
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het die koek leer bak toe ek nog geswot het. Ek gee dit hier my eie kinkel. Dis baie maklik om te maak.
-
Plaatkoekies met bessies
SARIE - September 2009
As jy nie bessies wil gebruik nie, kan jy hulle uitlos en die plaatkoekies net so voorsit met heuning of stroop
-
Sjokolade-koekies
SARIE KOS Winter 2009
Die beste sjokolade-koekies! Saam met warmsjokolade sal dit jou in ’n oogwink van die koue laat vergeet
-
Soetkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.
-
Spiraalkoekies
SARIE - November 2010
Die beste van twee koekies vasgevang in een!
















Kommentaar
Sorina Mulke het gesê:
Pluimpie vir die fantasties resepte op die webwerf! Baie handig vir vandag se gejaagde leefstyl.
24ste Apr. 2011, 09:45Hilmari Siewertsen het gesê:
absoluut HEERLIK, ek het hul herdoop na Trekkerkoekies (kinders werk op plaas en dit is ideaal vir in die sakke druk voor hul op die trekkers klim!
13de Okt. 2010, 17:53