Sjokolade-tiramisu
Foto’s: Micky Hoyle Galery
My weergawe van tiramisu - ek voeg gesmelte sjokolade bo-op by
(4 - 6 porsies)
- 3 eiers, geskei
- 50 g (65 ml) suiker
- 500 g mascarpone-kaas
- 125 ml sjerrie (opsioneel)
- 125 ml warm koffie
- 30 Boudoir-koekies
- 200 g donkersjokolade
Klop eiergele en suiker saam tot lig en romerig. Voeg mascarpone-kaas by en klop goed. Klop eierwitte styf en vou in mengsel in. Kombineer sjerrie en koffie. Doop koekies daarin en pak onderin bak of glase. Smelt 100 g van sjokolade in bak wat oor kastrol met kookwater pas. Skep van die mascarpone-mengsel oor die koekies en dan 'n dun lagie gesmelte sjokolade. Herhaal proses en maak toe met kleefplastiek. Verkoel in yskas vir minstens 5 uur. Smelt die ander 100 g sjokolade en versier die poeding bo-op daarmee.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Aarbei-en-rabarber-tiramisu
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder aarbei-en-rabarber-tiramisu
SARIE KOS Lente 2009
-
Jenny se Kersfees-tiramisu
SARIE KOS - Somer 2008
-
Kaneel-doughnuts met dik sjokolade-sous
SARIE - Februarie 2010
Daar is iets baie verleideliks aan kos wat jy in sjokoladesous kan doop.
-
Koffie-sjokoladepoeding
SARIE KOS - Winter 2008
Dié resep was eers net vir ’n sjokoladepoeding. Die sjokolade oorheers steeds, maar die koffie gee ’n ryker smaak.
-
Nina se sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
My dogter Nina het tydens 'n vakansie op Oudtshoorn dié resep by 'n vriendin se ma gekry. Sy't dit aangepas en maak dit gereeld vir ons.
-
Peer-en-sjokolade-tarte-tatin
SARIE - April 2010
Moenie skrik vir die groot woorde nie, dis maar net 'n onderstebo peertert.
-
Peer-sjokoladekoek met peer-tjips
SARIE KOS Lente 2009
Dis iets tussen ’n koek en ’n brownie, maar die groot lekkerte is die stukke peer daarin!
-
Sjokolade-harte
SARIE - Februarie 2008
-
Sjokolade-roompoeding
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Jy kan dié een ook reeds die aand voor die tyd maak. Dit proe eintlik beter as dit yskoud met vars bessies voorgesit word.
-
Tiramisu
SARIE KOS Augustus / September 2011
Tiramisu moenie te souserig wees nie. Dié resep werk goed.
-
Ystervarkies met koek-uit-die-boks
SARIE - April 2010
Ek's mal oor ystervarkies en kan nou nog die kerkbasaar s'n proe. Hier is 'n kortpad-manier met Ina Paarman se sjokoladekoek.Dis belangrik om die koek in warm stroop te doop sodat genoeg van die stroop intrek.
















Kommentaar