Sjokoladekoek
Foto’s: Donna Lewis Galery
(8 - 10 porsies)
- 8 eiers, geskei
- 420 g (500 ml) strooisuiker
- 250 ml sonneblomolie
- 250 ml warm water
- 280 g (500 ml) koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- 60 ml kakao
- 5 ml sout
- 100 ml Frangelico-likeur, of enige ander van jou keuse
botterversiersel
- 500 g botter
- 650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
- 80 ml kakao, gesif
- 250 g aarbeie
Verhit oond tot 180 °C. Spuit twee losboompanne van 30 cm elk met kleefwerende sproei en voer uit met bakpapier. Klits eiergele en suiker goed in 'n middelslag-mengbak. Voeg olie en water by en meng goed. Sif droë bestanddele saam en meng by oliemengsel. Klits eierwitte met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm en vou by beslag in. Verdeel mengsel tussen twee panne en bak vir 30 - 35 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Sprinkel Frangelico oor en laat afkoel. Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger. Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed. Verdeel elke koek in twee helftes met 'n skerp mes. Verdeel versiersel tussen elke laag en plaas op mekaar. Eindig met versiersel bo-op. Sit aarbeie op en sit voor.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
5 Minuut-sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Engelkoek
SARIE - Maart 2011
Dié koek word net van eierwitte en meel gemaak. Dis baie lig en delikaat.
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Herman Lensing blog: SJOKOLADE... Ek kan eenvoudig nie nee sê nie!
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 5
Daar is twee dinge in die lewe waarvoor ek enige iets sal doen, mooi borde en sjokolade. Ek is absoluut verslaaf, versot en mal oor beide hierdie “sondes” in my lewe.
-
Klapper-en-sjokoladekoek
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het die koek leer bak toe ek nog geswot het. Ek gee dit hier my eie kinkel. Dis baie maklik om te maak.
-
Maklike sjokoladekoek
SARIE KOS - Somer 2007
Die koek het ek as kind gebak
-
Okkerneutsjokoladekoek met nougat-sjokoladeversiering
SARIE - Augustus 2005
-
Sjokoladekoek uit die boks
SARIE KOS Herfs 2009
Ina Paarman was my lektrise en haar sjokoladekoek is puik. Twee bokse Ina Paarman’s Kitchen Chocolate Cake Mix maak twee hoë koeke. Elkeen word dan gehalveer vir ’n vierlaag-koek. Ek het sjokolade-splinters bygevoeg
-
Suurlemoen-meringuekoek
Suurlemoentert is altyd ’n gunsteling. Hier maak ek ’n koek en ’n tert een.
-
Vinnige sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2009
Hierdie maklike een is vir wanneer jou kind op die nippertjie aankondig: Ma, ons moet môre koek skool toe vat
-
Witwortel-en-witsjokoladekoek
SARIE Augustus 2010
Hierdie kombinasie het ek die eerste keer in Gordon Ramsay se restaurant Maze in Londen geproe. Dit het dié koek geïnspireer.
















Kommentaar