Skaapstertjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(4 porsies)
- 1 kg skaapstertjies
- 50 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml koljander, gemaal
- 1 takkie vars tiemie
- 2 suurlemoene
Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.
Om te drink
Oranjerivier Wynkelders Shiraz
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Marokkaanse skaaptagine
SARIE KOS vir mans 2010
-
Skaapvleis-koffie-en-dadeltagine
SARIE KOS Herfs 2010
Die klassieke Arabiese kombinasie van koffie met kardemom is Francois se inspirasie vir hierdie besonderse tagine.
-
Trekpad-pot
SARIE KOS vir mans 2010 | Kommentaar: 1
















Kry jou SARIE oral, enige tyd