Soetpatats
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek het klein patats gebruik, want Leipoldt sê jy moet die patats heel hou.
(4 - 6 porsies)
- 1 kg klein patats
- 100 g botter
- 200 g suiker
- 1 heel kaneelstok
- sout na smaak
Skil die patats (en as hulle groot is, sny in groot stukke). Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die suiker by en hou aan roer tot die suiker gesmelt is. Kook die botter-suikermengsel tot ’n ligte karamel. Voeg die patats by en meng goed met die karamel. (Die karamel sal effens hard word wanneer jy die patats byvoeg, maar die vog in die patats sal dit weer loperig maak.) Voeg die kaneelstokkie by en geur met ’n bietjie sout. Stel jou stoofplaat op ’n lae hitte en sit ’n deksel op die kastrol. Moenie die patats roer nie, want dit kan uitmekaar val en jy wil dit heel hou. Skud so elke nou en dan die kastrol sodat die patats bedek word met die karamel. Kook die patats tot sag, maar moenie té lank kook nie - dit sal dan soos ’n moes word.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Oondgebakte soetpatats
SARIE KOS Winter 2010
Dis die lui manier van patats maak - terwyl jy agteroorsit en ontspan.
-
Patats
SARIE - Desember 2010
Bak dit stadig met baie heuning tot dit begin blink. Dit is immers Kersfees.
-
Wortel-en-patatkluitjies
SARIE KOS Herfs 2010
Dis byna dieselfde as om gnocchi te maak, maar hier vorm jy groter balle.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd